Wiskundige analise
Wiskundige analise, ook algemeen bekend as calculus is die wiskundige studie van aanhoudende verandering, in dieselfde manier wat geometrie die studie van vorm is en algebra die studie van die veralgemenings van rekeningkundige berekeninge is. Dit het twee hoof vertakkings, naamlik: differensiale calculus en integrale calculus . Hierdie twee vertakkings is verwant aan mekaar deur die fundamentele teorie van calculus. Beide vertakkings maak gebruik van die fundamentele notasies van konvergensie van die oneindigende reekse tot ʼn goed- gedefinieerde limiet. Oor die algemeen word aanvaar dat moderne calculus in die 17de eeu ontwikkel is deur Isaac Newton en Gottfried Leibniz. Vandag word calculus in ’n wye verskeidenheid velde gebruik; soos die wetenskap, ingenieurswese en ekonomie.
- Breyten Breytenbach
- Breyten Breytenbach is 'n Suid-Afrikaanse skrywer en kunstenaar met Franse burgerskap. Breytenbach lewer 'n beduidende bydrae tot die Afrikaanse letterkunde met sy digkuns. Hy is ook bekend as die mees prominente gevangenis-skrywer van Suid-Afrika, nadat
- Anna S. du Raan
- Anna Salomina du Raan was ’n Afrikaanse skrywer, wat getroud was met die uitgewer C.F. Albertyn. Die meeste van haar werk is gemik op kinders en die jeug
- Sheugnet Buys
- Sheugnet Buys is ’n Afrikaanse skrywer en dramaturg. Sy is 'n tweemalige wenner van die RSG/Sanlam radiodrama-kompetisie
- Dirk de Villiers
- Dirk de Villiers was 'n Suid-Afrikaanse akteur en 'n rolprentmaker. Hy is een van die Suid-Afrikaanse regisseurs met die langste loopbane en was sowat ses dekades lank voor en agter die kamera werksaam. Hy het 25 vollengte-rolprente en 13 dokumentêre
- Donald Riekert
- Donald Riekert was ’n Afrikaanse digter, wie se poësie met die Ingrid Jonker-prys bekroon word
- Virginia Jetzt!
- Virginia Jetzt! is 'n Duitse Indie-Schlager musiekgroep wat in 1999 in Elsterwerda ontstaan het, wat bekend is vir hul emosionele dog opbeurende ghitaarpop. Die groep het tot dusver drie albums bekendgestel, met hul debuutalbum in 2003 Wer hat Angst vor
- P.A. Jacobs
- Petrus A. Jacobs is ’n township-dramaturg wat op Matroosfontein in die Kaap bly. Jacobs se dramas bevat meestal religieuse en/of liefdes temas
- Franz Kemp
- Franz Kemp was 'n gesoute joernalis en skrywer. Hy was vir 'n geruime tyd voor sy aftrede die adjunkredakteur van Huisgenoot in Johannesburg gewees. Kemp sterf op 6 Maart 2011 in die waakeenheid van die Flora-kliniek in Johannesburg aan leukemie
- Len Anthony
- Len Anthony is een van Derick Jacobs se vele skuilname
- Disperis micrantha
- Disperis micrantha is 'n meerjarige, blomdraende plant en geofiet wat deel is van die Orchidaceae familie. Die spesie is inheems in Eswatini, Suid-Afrika en Zimbabwe. In Suid-Afrika kom die plant in Gauteng, KwaZulu-Natal, Limpopo, Mpumalanga en die Oos