Vale S.A.
Vale S.A. is 'n multinasionale onderneming en aandelemaatskappy in die metaal- en mynboubedryf wat sy setel in Rio de Janeiro, Brasilië het. Dit is daarnaas een van die grootste logistiekondernemings op sy Brasiliaanse tuismark. Die onderneming het sowat 237 000 aandeelhouers op alle vastelande. Sy aandele, wat op die New Yorkse Effektebeurs (NYSE), die B3-effektebeurs in São Paulo en Euronext in Parys verhandel word, was in 2014 die tweede mees verhandelde aandele op die NYSE. Die onderneming het 'n markkapitalisasie van VSA-$67 miljard.
- Gloucester, Massachusetts
- Gloucester (ˈɡlɒstər) is 'n stad op Kaap Ann in die Essex-distrik van die Amerikaanse deelstaat Massachusetts met 'n bevolking van 28 789 volgens die sensus van 2010. Die stad maak deel uit van Boston se North Shore
- Goue Vryheid
- Die historiese term Goue Vryheid, soms ook Goue Vryhede, Adelsdemokrasie of Adellike Gemenebes genoem, verwys na 'n unieke politieke stelsel in die Koninkryk Pole (1385-1569) en later, ná die Unie van Lublin (1569), in die Pools-Litause Gemenebes
- Barnsteenkamer
- Die oorspronklike Barnsteenkamer, 'n kamer wat in opdrag van die Pruisiese koning Frederik I met muurversierings uit barnsteenelemente vervaardig is, was aanvanklik in die stadskasteel van Berlyn ingebou. In 1716 het die Pruisiese koning Frederik Willem I
- Groot Emigrasie
- Die term Groot Emigrasie verwys na die emigrasie van Poolse elites ná die November-opstand van 1830. Hierdie opstand teen die Russiese oorheersing is veral deur die adel en dele van die Poolse bourgeoisie gesteun, terwyl die oorgrote meerderheid van die
- Sarmatisme
- Die term Sarmatisme verwys na die spesifieke kultuur en leefstyl wat Poolse adellikes gedurende die 17de en in die eerste helfte van die 18de eeu ontwikkel het. Hulle historiese uitgangspunt was hul selfbeeld waarin sowel die lae adel - die szlachta
- Romuva
- Romuva of Romowe was 'n Baltiese heiligdom of tempel in Wes-Samland, een van die historiese geweste van Oud-Pruise. Die enigste bekende historiese dokument, waarin na hierdie kultiese sentrum verwys word, is 'n beskrywing deur Peter von Dusburg uit die
- Noorse Taalraad
- Die Noorse Taalraad is 'n raadgewende staatsliggaam wat in 2005 gestig is om kwessies in verband met die twee Noorse skryftaalvariante, Bokmål en Nynorsk, te behandel en advies aan sowel openbare instellings asook privaatpersone te verskaf. Die
- Veranderingsbestuur
- Die term veranderingsbestuur verwys na alle take, maatreëls en aktiwiteite in verband met omvattende en verreikende veranderings in 'n organisasie wat deur middel van nuwe strategieë, strukture, stelsels, prosesse of gedragskodes bewerkstellig word
- Alix
- Alix, geteken deur die Fransgebore Belgiese kunstenaar Jacques Martin, is een van die bekendste Frans-Belgiese reekse van strokiesverhale, wat in die jaar 1948 vir die eerste keer onder die titel Alix, l'intrépide in die Journal de Tintin verskyn het
- Katmandoe
- Katmandoe is die hoofstad en digsbevolkte stad van Nepal. Die stad het 'n bevolking van 845 767 inwoners wat in 2021 in 105 649 huishoudings gewoon het en 2,9 miljoen mense in sy stedelike agglomerasie. en 'n oppervlakte van 50,67 km²