Rugby
Rugby, soms ook rugbyunie of vyftienrugby genoem, is ’n volkontakbal- en spansport, wat in die eerste helfte van die 19de eeu in Engeland ontstaan het. Dit is genoem na sy ontstaanplek, die Rugby-skool in die dorp Rugby. Dit is saam met Rugby League een van twee hoofvariante in die rugbyfamilie. ’n Wedstryd word uitgespeel tussen twee spanne met 15 spelers elk, wat op ’n reghoekige veld probeer om in 80 minute meer punte as hul opponent aan te teken. Spelers speel met ’n eiervormige bal wat hulle in hulle hande of arms dra en hulle mag die bal slegs agtertoe of sylangs oor die veld na mekaar aangee of dit dan vorentoe skop om in die doelgebied punte aan te teken. Die opponerende span poog om die baldraer se vordering te stuit deur hom te duik of fisiek met die liggaam te keer. Wanneer die baldraer geduik is, moet hy die bal los en vind daar ’n stryd plaas om balbesit.
- Cabernet Sauvignon
- Cabernet Sauvignon is een van die wêreld se gesogste rooiwyne. Dit word verbou in alle groot wynproduserende lande in 'n diverse spektrum van klimaatstreke vanaf die Kanadese Okanagan-vallei tot by die Libanese Begaa-vallei
- Richard Branson
- Richard Charles Nicholas Branson is 'n Engelse sakeman. Hy is veral bekend vir sy Virgin-handelsnaam wat deur meer as 350 maatskappye gebruik word. Met sy lang hare en informele kleredrag lyk hy nie na ’n tipiese sakeman nie
- Internasionale Burgerlugvaartorganisasie
- Die Internasionale Burgerlugvaartorganisasie stel die beginsels en tegnieke saam wat gevolg word in internasionale lugnavigasie en ondersteun die beplanning en ontwikkeling van internasionale lugverkeer om ordelike groei in die hand te werk. Die
- Kurnell
- Kurnell is 'n woonbuurt in die suide van Sydney, Australië. Kurnell is sowat 22 kilometers suid van Sydney se sakekern geleë in die plaaslike regeringsgebied van die Sutherland Shire
- Rottnest-eiland
- Rottnest-eiland is sowat 18 km vanaf die kus van Wes-Australië naby Fremantle geleë. Dit word Wadjemup genoem deur die Noongar-stam, wat "plek oor die water" beteken. Die eiland is 11 kilometer lank en 4,5 kilometer op sy breedste punt met 'n totale
- Sydney-opera
- Die Sydney-opera is 'n sentrum vir die uitvoerende kunste te Bennelong-punt in Sydney, Nieu-Suid-Wallis, Australië. Die gebou is ontwerp deur die Deense argitek Jørn Utzon wat in 2003 die Pritzker-prys vir argitektuur ontvang het
- Wêreldrugby
- Wêreldrugby, tot in November 2014 bekend as die Internasionale Rugbyraad (afgekort “IRR”; Engels: International Rugby Board, is die wêreldwye bestuursliggaam wat die reëls van rugby beheer. Die liggaam is in 1886 in die lewe geroep as die
- Slag van Verdun
- Die Slag van Verdun was een van die deurslaggewende veldslae tydens die Eerste Wêreldoorlog op die westerse front, tussen die Duitse en Franse leërs tussen 21 Februarie tot 18 Desember 1916 rondom die stad Verdun in die noordooste van Frankryk
- Cairns
- Cairns is 'n streekstad en plaaslike raadsgebied wat in Queensland, Australië geleë is. Die eerste Europeërs het hul in 1876 daar gevestig. Die stad is na William Cairns, die destydse goewerneur van Queensland, vernoem. Die stad is gevestig om myners
- Disperis micrantha
- Disperis micrantha is 'n meerjarige, blomdraende plant en geofiet wat deel is van die Orchidaceae familie. Die spesie is inheems in Eswatini, Suid-Afrika en Zimbabwe. In Suid-Afrika kom die plant in Gauteng, KwaZulu-Natal, Limpopo, Mpumalanga en die Oos