Planeet X
Ná die ontdekking van die planeet Neptunus in 1846 was daar verskeie gissings oor nog ’n planeet wat verder van die Son af bestaan. Die soektog het in die middel 19de eeu begin en ’n hoogtepunt vroeg in die 20ste eeu bereik met Percival Lowell se soeke na Planeet X. Lowell het die Planeet X-hipotese voorgestel as verduideliking vir die oënskynlike afwykings in die wentelbane van die gasreuse, veral Uranus en Neptunus, en gespekuleer dat die swaartekrag van ’n groot, onsigbare negende planeet Uranus genoeg versteur om die onreëlmatighede te verduidelik.
- Calico Jack
- Calico Jack was ’n Engelse seerower wat in die vroeë 18de eeu in die Bahamas en Kuba werksaam was. Sy bynaam kom van die kalikoklere wat hy gedra het en van die feit dat "Jack" ’n bynaam vir "John" is
- Teleskoop (sterrebeeld)
- Die Teleskoop is ’n klein sterrebeeld in die suidelike hemelruim wat geskep is deur Nicolas-Louis de Lacaille, ’n Franse sterrekundige
- Mintaka
- Mintaka, ook bekend as Delta Orionis en 34 Orionis, is ’n veelvoudige ster sowat 1 200 ligjare van die Aarde af in die sterrebeeld Jagter (Orion). Saam met Alnitak en Alnilam vorm dit die Jagter se Belt. Wanneer die Jagter naby die meridiaan is, ’n
- Peniskanker
- Peniskanker is ’n kwaadaardige groeisel aan die vel of weefsel van die penis. Sowat 95 persent van peniskankers is plaveiselselkarsinoom (PSS). Ander soorte is taamlik skaars
- Boek van Jubileë
- Die Boek van Jubileë, soms Klein Genesis genoem, is ’n antieke Joodse godsdiensgeskrif met 50 hoofstukke wat deur die Ethiopies-Ortodose Kerk en Beta Israel as kanoniek beskou word. Hulle noem dit die Boek van Verdeling. Protestantse, Rooms-Katolieke
- Sts 14
- Sts 14 is ’n fossiele pelvis, ruggraat, rib en femur van die spesie Australopithecus africanus wat in 1947 deur Robert Broom ontdek is in die Sterkfonteingrotte in Suid-Afrika. Dit is na raming 2,6-2,8 miljoen jaar oud
- Dwase vir Christus
- Dwaasheid vir Christus verwys na gedrag soos om al ’n mens se wêreldse besittings prys te gee wanneer hy by ’n monnike-orde aansluit of om doelbewus die gemeenskap se gebruike te verontagsaam vir ’n godsdienstige doel – veral in die Christendom
- Nowgorodse Kodeks
- Die Nowgorodse Kodeks is die oudste boek uit die tyd van Kiëf-Roes wat bewaar gebly het. Dit is op 13 Julie 2000 in Nowgorod ontdek. Dit is ’n palimpses wat uit drie gebinde houttablette bestaan, met vier bladsye wat met was gevul is. Daarop het die
- Eleusiniese misterieë
- Die Eleusiniese misterieë was ’n instelling wat elke jaar vir die kultus van Demeter en Persefone gehou is en gebaseer was by Eleusis in Antieke Griekeland. Dit was die "beroemdste van die geheime godsdienstige rituele van Antieke Griekeland". Dit was
- Disperis micrantha
- Disperis micrantha is 'n meerjarige, blomdraende plant en geofiet wat deel is van die Orchidaceae familie. Die spesie is inheems in Eswatini, Suid-Afrika en Zimbabwe. In Suid-Afrika kom die plant in Gauteng, KwaZulu-Natal, Limpopo, Mpumalanga en die Oos