Patricia de Lille
Patricia de Lille was die leier van die Onafhanklike Demokrate (OD), 'n Suid-Afrikaanse politieke party wat deur haar in 2003 gestig is. Sy was ook voorheen 'n lid van die Pan Africanist Congress (PAC). In 2011 word sy burgemeester van Kaapstad nadat sy by die Demokratiese Alliansie (DA) aangesluit het. Sy is op 8 Mei 2018 deur die DA herroep, maar die Wes-Kaapse Appèlhof het haar op 15 Mei 2018 opnuut aangestel. Sy het egter haar bedanking en uittrede uit die Demokratiese Alliansie vir 31 Oktober 2018 aangekondig. en is op 1 November 2018 deur Dan Plato opgevolg. Op 2 Desember 2018 het De Lille die vorming van die "GOOD" politieke party in Houghton Estate, 'n voorstad van Johannesburg, aangekondig.. Op 29 Mei 2019 het pres. Cyril Ramaphosa haar by sy kabinet ingesluit as minister van openbare werke en infrastruktuur.
- Albert Luthuli
- Inkosi Albert Luthuli was 'n Zoeloehoofman, onderwyser, en president van die African National Congress en wenner van die Nobelprys vir Vrede in 1960
- Geoff Doidge
- Geoff Doidge, (1954-2022) was 'n Suid-Afrikaanse politikus en eertydse voertuigverkoopsbestuurder, is sedert 2010 Suid-Afrika se ambassadeur in Sri Lanka. Hy is op 25 September 2008 deur die voormalige president, Kgalema Motlanthe, en opvolgend deur
- Dene Smuts
- Mudene Smuts was 'n Suid-Afrikaanse tydskrifredakteur en parlementslid van die Demokratiese Party en die Demokratiese Alliansie
- Internasionale Geregshof
- Die Internasionale Geregshof is die primêre geregtelike been van die Verenigde Nasies (VN). Dis gesetel in die Vredespaleis in Den Haag, Nederland, en verhoor en beslis regskwessies wat deur lidlande van die VN aanhangig gemaak word, en voorsien ook
- David Pieter de Villiers Graaff
- Sir David Pieter de Villiers Graaff was 'n Suid-Afrikaanse nyweraar en kabinetsminister en die vader van sir David De Villiers Graaff, leier van die Verenigde Party van 1956 tot 1977 en grootvader van sir David Graaff, Volksraadslid vir Wynberg van 1987
- Vause Raw
- Vause Raw was van 1977 tot 1984 leier van die Nuwe Republiek Party en daarna lewenslange president, hoewel hy die party oorleef het
- Tielman Roos
- Tielman Johannes de Villiers Roos was 'n advokaat, regter, politikus en Suid-Afrikaanse minister van justisie vanaf 1924 tot 1929
- Du Pré Alexander, graaf van Caledon
- Du Pré Alexander, die 2de graaf van Caledon, was die tweede bugerlike goewerneur van die tweede Britse bewind aan die Kaap
- Kinshasa
- Kinshasa is die hoofstad en grootste stad van die Demokratiese Republiek die Kongo, wat tot ses jaar ná die land sy onafhanklikheid (1960) van België verkry het as Leopoldstad bekend gestaan het
- Scope
- Scope was 'n Suid-Afrikaanse weeklikse mansleefstyltydskrif. Die tydskrif is in die 1960's bekendgestel en was omstrede omdat hy die apartheidsera Suid-Afrika se streng sensuurwette met sy bikini-geklede voorbladmeisies uitgedaag het. Die weekblad is in