Oossee
Die Oossee is ’n see wat deel vorm van die Atlantiese Oseaan en omring word deur Denemarke, Swede, die Baltiese lande, Pole, asook Duitsland, Finland en Rusland. Dit is 'n binnesee in Noordoos-Europa met 'n wateroppervlakte van 413 000 vierkante kilometer, 'n maksimum diepte van 459 meter tussen die Sweedse vasteland en die eiland Gotland en 'n waterinhoud van sowat 21 600 kubieke kilometer. Dit is die wêreld se grootste brakwatersee. Die Oosseegebied word – afhangende van die geografiese definisie van die gebied – deur tussen 50 en 85 miljoen mense bewoon.
- Skewe Toring van Pisa
- Die Skewe Toring van Pisa is 'n losstaande kloktoring van die katedraal in die Italiaanse stad Pisa en vorm deel van die Domplein. Kort nadat die bouery in 1173 begin is, het die fondasie ongelyk geset. Konstruksie is gestaak en eers 'n honderd jaar later
- Colonia Tovar
- Colonia Tovar is 'n dorp met 14 300 inwoners, sowat 70 kilometer wes van die Venezolaanse hoofstad Caracas in die deelstaat Aragua
- Brandenburg
- Brandenburg is 'n deelstaat in die noordooste van Duitsland. Die administratiewe hoofstad en grootste stad is Potsdam. Brandenburg grens in die ooste aan Pole, in die suide aan die deelstaat Sakse, in die weste aan die deelstaat Sakse-Anhalt, in die
- Woiwodskap Masowië
- Masowië is die grootste woiwodskap in Sentraal-Pole met meer as 5 miljoen inwoners, die hoofstad is Warskou. Die woiwodskap is op 1 Januarie 1999 gestig
- Kanadese Frans
- Frans is een van Kanada se twee amptelike tale; die ander is Engels. Volgens die sensus van 2001 het die aantal Franstaliges buite Kanada se enige Frankofone provinsie Quebec toegeneem; tans praat 4,4 persent van die bevolking in die Anglofone provinsies
- Renzo Piano
- Renzo Piano is een van die beroemdste argitekte van die laat 20ste en vroeë 21ste eeu en staan veral bekend vir sy buitengewone verbinding van argitektuur en nuwe tegnologieë
- Condoleezza Rice
- Condoleezza Rice was die 66ste Amerikaanse Minister van Buitelandse Sake en die tweede politikus wat hierdie amp in die regering van President George W. Bush beklee het. Rice is die eerste Afro-Amerikaanse vrou, tweede Afro-Amerikaanse politikus en tweede
- Toulouse
- Toulouse is 'n stad in die suidweste van Frankryk, aan die oewer van die Garonnerivier en halfpad tussen die Atlantiese Oseaan en die Middellandse See. Die metropolitaanse gebied van Toulouse is met 1,1 miljoen inwoners die tweede grootste in Suid
- La Spezia
- La Spezia is die hoofstad van die gelyknamige Italiaanse provinsie en met sowat 95 000 inwoners die tweede grootste stad van Ligurië. Sy seehawe trek voordeel uit 'n beskermde ligging in die Golf van La Spezia
- Disperis micrantha
- Disperis micrantha is 'n meerjarige, blomdraende plant en geofiet wat deel is van die Orchidaceae familie. Die spesie is inheems in Eswatini, Suid-Afrika en Zimbabwe. In Suid-Afrika kom die plant in Gauteng, KwaZulu-Natal, Limpopo, Mpumalanga en die Oos