Newton se bewegingswette
Newton se bewegingswette bestaan uit drie natuurwette wat 'n direkte verwantskap verskaf tussen die krag wat op 'n liggaam uitgeoefen word en die beweging van daardie liggaam. Hulle is eerste deur sir Isaac Newton saamgestel in sy werk Philosophiae Naturalis Principia Mathematica (1687). Die wette vorm die basis vir klassieke meganika en Newton het dit self gebruik om baie waarnemings oor die beweging van fisiese voorwerpe te verduidelik. In die derde volume van die teks het hy aangetoon hoe hierdie wette saam met sy universele swaartekragwet Kepler se planetêre bewegingswette kon verklaar.
- Hoek (meetkunde)
- In meetkunde en driehoeksmeting, is 'n hoek die beeld wat op 'n plat vlak gevorm word deur twee strale wat 'n gemeenskaplike eindpunt het. Hierdie eindpunt word die verteks van die hoek genoem. Die grootte van die hoek is die "hoeveelheid rotasie" wat
- Logiese hek
- 'n Logiese hek voer logiese bewerkings uit op een of meer logiese toevoere en lewer 'n enkele logiese afvoer. Die logika wat gewoonlik uitgevoer word is Boolse logika en word algemeen aangetref in digitale stroombane. Logiese hekke word hoofsaaklik
- Wentelbaan
- ’n Wentelbaan is in fisika die pad waarlangs een voorwerp om ’n punt in die ruimte wentel of draai, soos ’n planeet om die massamiddelpunt van die Sonnestelsel. Planete se wentelbane is gewoonlik ellipties
- Sagtewarepoort
- 'n Sagtewarepoort is 'n virtuele dataverbinding wat gebruik kan word deur programme om data direk uit te ruil in plaas daarvan om 'n lêer of ander tydelike stoortoestel te gebruik. Die algemeenste hiervan is die TCP en UDP poorte wat gebruik word om data
- Polinoom
- In Wiskunde is 'n polinoom 'n uitdrukking wat saamgestel word uit een of meer veranderlikes en konstantes deur gebruik te maak van optel, aftrek, vermenigvuldiging en konstante positiewe heelgetaleksponente. is 'n voorbeeld van 'n polinoom, maar is nie
- IPSec
- IPSec is 'n gestandardiseerde raamwerk vir die beveiliging van Internetprotokol (IP) kommunikasie deur middel van enkripsie en bevestiging van elke IP-pakket in 'n datastroom
- Taboelie
- Taboelie is 'n Midde-Oosterse slaai wat tradisioneel gemaak word met boergoel, fyn gekapte pietersielie en mint, tamatie en sprietuie en gegeur word met suurlemoensap en olyfolie
- Arrhenius se vergelyking
- Arrhenius se vergelyking is 'n eenvoudige dog verbasend akkurate formule wat die temperatuurafhanklikheid van die snelheidskontante en daarom ook die reaksiesnelheid van 'n chemiese reaksie beskryf. Die vergelyking is vir die eerste keer voorgestel deur
- Spoed van klank
- Die spoed van klank varieer afhangende van die medium waardeur die klankgolwe beweeg. Dit word gewoonlik aangehaal wanneer die eienskappe van stowwe bespreek word
- Disperis micrantha
- Disperis micrantha is 'n meerjarige, blomdraende plant en geofiet wat deel is van die Orchidaceae familie. Die spesie is inheems in Eswatini, Suid-Afrika en Zimbabwe. In Suid-Afrika kom die plant in Gauteng, KwaZulu-Natal, Limpopo, Mpumalanga en die Oos