Namibië
Namibië, amptelik die Republiek van Namibië, is ’n republiek in Suider-Afrika waarvan die westelike grens die Atlantiese Oseaan is. Die land grens ook aan Angola en Zambië in die noorde, Botswana in die ooste en Suid-Afrika in die ooste en suide. Hoewel dit nie aan Zimbabwe grens nie, is Namibië deur 200 m van die Zambezirivier se rivierbedding van Zimbabwe geskei. Volgens ander menings ontmoet die grense van die vier lande Botswana, Namibië, Zambië en Zimbabwe op een enkele punt en sal vervolgens die enigste internasionale vierlandepunt wêreldwyd vorm. Namibië land het op 21 Maart 1990 onafhanklikheid van Suid-Afrika gekry na afloop van die Namibiese Onafhanklikheidsoorlog. Die hoofstad en grootste stad is Windhoek. Namibië is ’n lidland van die Afrika-unie, Gemeenskaplike Monetêre Gebied, Suider-Afrikaanse Doeane-unie, Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap, Britse Statebond en die Verenigde Nasies. Namibië geniet ’n hoë politieke, ekonomiese en sosiale stabiliteit.
- Windhoek
- Windhoek is die sentraalgeleë hoofstad van Namibië en lê in die Khomashoogland. Die stad is ongeveer 1 700 m bo seespieël en volgens die 2001-sensus het dit 'n bevolking van 233 529 gehad. 'n Invloei van mense van oral in Namibië laat navorsers
- Faroëreilande
- Die Faroëreilande is ’n Wes-Europese eilandstaat en argipel. Dit is onder die soewereiniteit van die koninkryk van Denemarke en lê tussen die Noorse See en die Noord-Atlantiese Oseaan
- Nicolaas Johannes Diederichs
- Nicolaas Johannes Diederichs was ’n Suid-Afrikaanse akademikus en politikus en die derde Staatspresident van Suid-Afrika
- Madagaskar
- Madagaskar, amptelik die Republiek Madagaskar, is ’n eilandstaat in Afrika sowat 400 km oos van die Mosambiekse kus. Dit is die grootste eilandstaat in die Indiese Oseaan en naas Indonesië die grootste ter wêreld. Teen sowat ’n halfmiljoen
- Springbokke
- Die Springbokke is die nasionale rugbyspan wat Suid-Afrika in internasionale wedstryde (toetswedstryde) verteenwoordig. Die Springbokke is na die springbok, die nasionale dier van Suid-Afrika, genoem. Rugby is een van Suid-Afrika se nasionale sportsoorte
- Estland
- Estland, amptelik die Republiek Estland, is 'n land in Noord-Europa, wat in die weste begrens word deur die Oossee, in die noorde deur die Finse Golf, in die ooste deur Rusland en in die suide deur Letland. Dit is die mees noordelike en die kleinste van
- Engelse nasionale rugbyspan
- Die Engelse nasionale rugbyspan is die nasionale rugbyspan wat Engeland tydens internasionale wedstryde (toetswedstryde) verteenwoordig. Rugby word in Engeland deur die Rugbyvoetbalunie geadministreer. Engeland neem jaarliks aan die Sesnasies-toernooi
- Argentinië
- Argentinië, amptelik die Argentynse Republiek, is 'n Spaanssprekende land in die suide van Suid-Amerika, tussen die Andesgebergte in die weste en die suidelike Atlantiese Oseaan in die ooste. Die naam "Argentinië" is afgelei van die Latynse woord
- Ysland
- Ysland is 'n Europese eilandstaat tussen Groenland en die vasteland van Europa. Met 'n oppervlakte van 102 775 vierkante kilometer en 'n bevolking van omtrent 376 000 is Ysland die kleinste en, vanweë sy ligging in die Noord-Atlantiese Oseaan ver van
- Disperis micrantha
- Disperis micrantha is 'n meerjarige, blomdraende plant en geofiet wat deel is van die Orchidaceae familie. Die spesie is inheems in Eswatini, Suid-Afrika en Zimbabwe. In Suid-Afrika kom die plant in Gauteng, KwaZulu-Natal, Limpopo, Mpumalanga en die Oos