Monargie

Monargie is 'n regeringstelsel of staatsvorm waar die staatshoof gebruiklik lewenslang 'n posisie beklee. Die posisie is gewoonlik oorerflik, dit wil sê dat opvolgers aan dieselfde familie behoort. Voorbeelde van lande wat 'n monargiese stelsel het is die Verenigde Koninkryk, België, Nederland, Japan, Lesotho, eSwatini, Australië, Kanada, Nieu-Seeland en vele andere.
Alan Stivell
Alan Stivell is 'n musikant en sanger van Bretagne, Frankryk. Hy sing in verskeie tale, onder meer Frans en Engels, en het gehelp om die Keltiese harp en Bretonse musiek weer gewild te maak
Niels Bohr
Niels Henrik David Bohr was 'n Deense fisikus wat belangrike kernfisika-ontdekkings gemaak het. Hy het fundamentele bydraes tot die begrip van atomiese struktuur en kwantumfisika gelewer. As erkenning vir hierdie bydraes het hy die Nobelprys vir fisika in
Frans Josef I van Oostenryk
Frans Josef I uit die dinastie Habsburg, volle naam Franz Joseph Karl, het tussen 1848 en 1867 as laaste keiser van die Keiserryk Oostenryk en tussen 1867 en 1916 as eerste keiser van Oostenryk-Hongarye regeer
Clara Zetkin
Clara Josephine Zetkin was 'n Duitse Marxistiese aktivis en kampvegter vir vroueregte. Sy het die eerste Internasionale Vrouedag in 1911 georganiseer om universele stemreg vir alle vroue te eis
Fujian
Fujian is 'n provinsie van die Volksrepubliek China. In 2020 het dit 'n bevolking van sowat 41,5 miljoen gehad
Chiang Kai-shek
Chiang Kai-shek was ’n Chinese militêre en politieke leier van die Chinese Nasionalistiese Party. In 1949 het hy en sy nasionalistiese weermag die Chinese vasteland verlaat en na die eiland Taiwan uitgewyk, waar hy tot met sy dood regeer het
Nahuatl
Nahuatl of Asteeks ([asˈteːkah]), voorheen Meksikaans, is die belangrikste inheemse taal van Noord-Amerika met sowat 1,7 miljoen sprekers in die Meksikaanse deelstate Estado de México, Puebla, Guerrero, Hidalgo, Veracruz, Oaxaca, Durango, Morelos
Mauna Loa
Mauna Loa is 'n aktiewe vulkaan op Big Island (Hawaii), die grootste eiland van die Amerikaanse deelstaat Hawaii, en een van altesaam vyf vulkane waaruit hierdie eiland bestaan. Mokuʻāweoweo, een van talle slakkekeëls op die piekplato, is een van die
Katsushika Hokusai
Katsushika Hokusai was 'n Japannese houtsneekunstenaar wat ukiyo-e, die tradisionele Japanse kuns van houtsnee, beoefen het. Hokusai het binne alle genres van ukiyo-e gewerk, maar het beroemd geword vir sy landskappe. Van sy bekendste werke is die "Ses-en
Scope
Scope was 'n Suid-Afrikaanse weeklikse mansleefstyltydskrif. Die tydskrif is in die 1960's bekendgestel en was omstrede omdat hy die apartheidsera Suid-Afrika se streng sensuurwette met sy bikini-geklede voorbladmeisies uitgedaag het. Die weekblad is in