Mier

Miere is sosiale insekte met 'n dun middellyf en elmboogagtige antennes. Hulle behoort tot die familie Formicidae, wat in die orde Vliesvlerkiges (Hymenoptera) val. Daar is ongeveer 22 000 spesies miere. Meer as 12 500 van hulle is reeds geklassifiseer.
Stekelhuidiges
Die Stekelhuidiges of Echinodermata is 'n filum wat hoort tot die koninkryk Animalia. Stekelhuidiges word slegs in die mariene omgewing aangetref en vorm 'n uiteenlopende groep ongewerweldes wat gewoonlik op die seebodem voorkom
Ulmaceae
Ulmaceae is die Olm-familie wat hoort tot die orde Rosales. Daar is 5 spesies wat tot die familie hoort wat in Suider-Afrika voorkom en almal is bome
Walter Battiss
Walter Battiss (1906–1982) was 'n Suid-Afrikaanse kunstenaar en deskundige op die gebied van Boesmanskilderye. Hy word as een van Suid-Afrika se eerste en belangrikste abstrakte skilders beskou. Van sy werk kan in die Walter Battiss-kunsmuseum in
Stormvoëlagtiges
Stormvoëlagtiges, ook Buissnaweliges genoem, is 'n orde van voëls wat sonder uitsondering op die ope oseaan voorkom. Die orde is geheel en al kosmopolities, en is dus oor alle wêreldseë versprei, maar bereik sy grootste diversiteit rondom Nieu-Seeland
Oorkruipers
Oorkruipers is 'n groep insekte wat voorkom in die orde Dermaptera. In Engels staan hulle bekend as die Earwigs. Daar is 38 spesies in die familie. Oorkruipers is insekte wat verwant is aan sprinkane en krieke, maar wat op grond van die kenmerkende "tang
Baardskeerder-spinnekop
Die baardskeerder-spinnekoppe (Solifugae) is 'n orde van geleedpotige, spinnekopagtige (Arachnida) diere, wat ook onder andere haarskeerders, jagspinnekoppe en rooiromanne genoem word. Hulle is egter nie regte spinnekoppe nie. Die orde omvat meer as 1
Telegrafie
Telegrafie (afgelei van die Griekse woorde τηλε en γραφειν is die stuur van berigte oor 'n lang afstand. Dit verskil van gewone pos in dat telegrafie slegs die inligting stuur, nie die fisiese brief nie. Oor die loop van tyd is verskillende
Uil
Uile is voëls in die orde van Strigiformes. Die orde bestaan uit ongeveer 200 spesies van groot roofvoëls. Die meeste uile is alleenlopend en nag-aktief. Hulle vreet klein soogdiertjies soos knaagdiere, insekte en ander voëls. 'n Paar spesies sal selfs
Migrasie van voëls
Die migrasie van voëls is die jaarlikse seisoenale migrasie wat verskeie voëls onderneem. Hulle broei gewoonlik op een plek, maar oorwinter elders. Die voordeel hiervan is dat hulle die gunstige weer en beskikbaarheid van voedsel in hul
Disperis micrantha
Disperis micrantha is 'n meerjarige, blomdraende plant en geofiet wat deel is van die Orchidaceae familie. Die spesie is inheems in Eswatini, Suid-Afrika en Zimbabwe. In Suid-Afrika kom die plant in Gauteng, KwaZulu-Natal, Limpopo, Mpumalanga en die Oos