Meetkunde

Meetkunde is 'n onderafdeling van wiskunde wat betrekking het op die studie van grootte, vorm en die eienskappe van ruimte. Meetkunde is een van die oudste wetenskappe. Aanvanklik was dit slegs 'n stel praktiese reëls vir berekeninge aangaande lengtes, areas en volumes. In die 3de eeu voor Christus is die vakgebied egter op 'n aksiomatiese grondslag geplaas deur die antieke Griekse wiskundige Euklides, wie se werk, wat nou sy naam dra, die standaard gestel het vir wiskundige ontwikkeling in die komende eeue. Die wetenskap van sterrekunde, veral die kartering van sterre en planete se posisies op die hemelsfeer, het gedien as 'n belangrike bron van meetkundige probleme vir die volgende een en 'n half duisend jaar van ontwikkeling. 'n Wiskundige wat werk in die veld van meetkunde word 'n meetkundige genoem.
Euklidiese meetkunde
Euklidiese meetkunde is 'n wiskundige teorie toegeskryf aan die Aleksandriese Griek Euklides, wie se werk Die Elemente die vroegste stelselmatige studie van meetkunde bevat wat bekend is. Alhoewel baie van die resultate reeds bekend was aan vroeëre
Euklides
Klaudios Euklides, ook bekend as Euklides van Alexandrië, fl. 300 v.C., was 'n Griekse wiskundige wat algemeen gesien word as 'Die vader van meetkunde'. Sy werk Die Elemente is die mees suksesvolle handboek ooit en is een van die mees invloedryke werke
Lengte
Lengte is die langste dimensie van 'n voorwerp en word soms sinoniem gebruik met 'afstand
Jaguar
Die jaguar is 'n katagtige soogdier wat in Sentraal- en 'n groot deel van Suid-Amerika voorkom. Die jaguar is die derde grootste kat na die tier en die leeu. Dit is ook die grootste en kragtigste kat in die Westelike Halfrond
Zhengzhou
Zhengzhou is die hoofstad van die provinsie Henan in die Volksrepubliek China met 'n bevolking van sowat 8 626 000 en 'n oppervlakte van 7 507 km²
Midway-atol
Midway-atol ook Midway-eiland of Midway-eilande is 'n klein afgeleë eiland van die Verenigde State van Amerika en 'n onbewoonde eiland in die noordelike Stille Oseaan, wat tot Polinesië behoort, naby Hawaii. Die eilande het 'n bevolking van 40 mense
Taiyuan
Taiyuan is 'n stad in China met 'n bevolking van 4 330 600 en 'n oppervlakte van 6 956 km². Taiyuan is 'n sub-provinsiale stad in Noord-China en is die hoofstad en grootste stad van die provinsie Shanxi
Mont Blanc
Mont Blanc is 'n berg in Europa wat op die grens tussen Frankryk en Italië geleë is. Met sy hoogte van 4 810 meter is dit die hoogste berg in die Alpe en die Europese Unie en word gewoonlik as die hoogste berg van Europa beskou. Volgens 'n ander
Hyderabad, Indië
Hyderabad is 'n groot stad aan die oewer van die Musirivier en die hoofstad van die Indiese deelstaat van Andhrapradesj. Die stad lê in die suide van die land en is 'n sentrum van die Islamgeloof in Indië. Hyderabad het 'n bevolking van 4 068 611 en
Disperis micrantha
Disperis micrantha is 'n meerjarige, blomdraende plant en geofiet wat deel is van die Orchidaceae familie. Die spesie is inheems in Eswatini, Suid-Afrika en Zimbabwe. In Suid-Afrika kom die plant in Gauteng, KwaZulu-Natal, Limpopo, Mpumalanga en die Oos