Klein-Kariba

Klein-Kariba is 'n vakansieoord net buite Warmbad (Bela-bela) in 'n kloof van die Waterberg-bergreeks. Die oord word deur die ATKV besit en bestuur. Dit beskik oor 177 eenhede, 'n restaurant, konferensiesale, vier verhitte swembaddens en ’n kapel vir troues.
Disfemisme
'n Disfemisme of growwe oordrywing is 'n stylfiguur waarby iets of iemand kwetsender, growwer en/of aanstootliker voorgesteld word as wat dit in werklikheid is. Die bedoeling is oor die algemeen om bepaalde gevoelens so kras of negatief moontlik te
Bill Brewer
Bill Brewer was 'n Suid-Afrikaanse akteur, radiopersoonlikheid en 'n kritikus. Brewer het vir die Sunday Times gewerk en het gereeld resensies en rubrieke geskryf. Hy is as een van die invloedryke kritici van die 1950's en 1960's beskou
Nul is nie niks nie
Nul is nie niks is 'n Afrikaanse rolprent wat op 7 Julie 2017 uitgereik is. Die fliek is gebaseer op Jaco Jacobs se boek, "Oor 'n motorfiets, 'n zombiefliek en lang getalle wat deur elf gedeel kan word". Die boek was een van drie finaliste in die
Ivan Abrahams
Ivan Abrahams is 'n Suid-Afrikaanse akteur. Hy is veral bekend vir sy verhoogoptredes, maar het ook in verskeie TV-reekse en rolprente opgetree. Hy het in 2000 'n Vita-prys as beste akteur vir sy rol in SUIP! ontvang
Leenwoord
'n Leenwoord is 'n woord wat vanuit een taal in 'n ander taal opgeneem is. Die woord is dus van 'n ander taal "geleen" eerder as om 'n nuutskepping daarvoor op te maak. Leenwoorde behou soms hulle vreemde spelling as dit in 'n taal opgeneem word. Pas op
Tobies
Tobies (Haematopodidae) is 'n familie van voëls in die orde van steltloperagtiges. Die familie omvat een genus met 11 lewende spesies
Meisie (rolprent)
Meisie is 'n Afrikaanse kunsrolprent met Engelse onderskrifte wat op 20 Junie 2007 vrygestel is. Darrell Roodt het die regie behartig terwyl Diony Kempen en Roodt saam aan die draaiboek gewerk het. Die rolprent is op Riemvasmaak in die Noord-Kaap verfilm
Eugene Marais-hospitaal
Die Eugène Marais-hospitaal is 'n hospitaal op die hoek van Vyfde laan en Fred Nicholsonstraat in Les Marais, 'n voorstad van Pretoria. Dit was aanvanklik 'n homeopatiese hospitaal wat later in 'n klein kliniek omskep is. Die hospitaal is op 19 Maart
Louw Venter
Louw Venter is 'n Suid-Afrikaanse akteur, skrywer en komediant. Hy is veral bekend vir sy rolle in TV-reekse op kykNET en vir die Afrikaanse rolprente waarin hy speel
Sinéad O'Connor
Shuhada' Sadaqat was 'n Ierse sanger en musikant. Haar debuut-ateljee-album, The Lion and the Cobra, is in 1987 vrygestel en internasionaal opgeneem. Haar tweede ateljee-album, I Do Not Want What I Haven't Got (1990), het gloeiende resensies ontvang met