Kikuyu

Kikuyu of Gikuyu is 'n Bantoetaal in Oos-Afrika wat deur sowat 6,6 miljoen mense gepraat word. Dit word hoofsaaklik deur die Kikuyu in die drie lande Kenia, Tanzanië en Uganda gepraat. Kikuyu is ná Swahili en nog voor Engels die tweede mees gesproke taal in Kenia en word veral in die sentrale provinsie tussen die stede Nyeri en Nairobi gebesig. Die Kikuyu vorm ook die grootste etniese groep in Kenia, met sowat 4,4 miljoen mense.
Karakalpaks
Karakalpaks is 'n Turkiese taal wat deur sowat 584 670 mense in Oesbekistan, Kasakstan en Turkmenistan gepraat word. Dit is die tweede mees verspreide taal van Oesbekistan naas Oesbekies en vorm die amptelike taal van die outonome republiek Karakalpakië
Fula
Fula, Fulani of Fulfulde is 'n Niger-Kongo-taal in Wes-Afrika wat deur sowat 30 miljoen mense gepraat word. Dit word deur die Fula-volk gepraat en is ná Arabies, Frans, Engels, Swahili en Hausa die belangrikste taal in Afrika
Filippyns
Filippyns is die nasionale taal en vorm saam met Engels die amptelike tale van die Filippyne. Filippyns is 'n afgeleide standaardvariëteit van Tagalog, die mees verspreide taal van die Filippyne wat deur sowat 28 miljoen mense as moedertaal gepraat en
Asjoera
Asjoera is die tiende dag van Muharram, die eerste maand in die Islamitiese kalender. Vir die meerderheid Sjiiete en Alawiete is Asjoera die hoogtepunt van die routyd in Muharram en herdenk Imam Hoessein, die kleinseun van die profeet Mohammed, se
Twa
Die Twa is 'n pigmeë-volk inheems aan die Groot Mere-streek van Sentraal-Afrika, wat algemeen as die oudste bevolking van dié gebied beskou word, hoewel hulle nou 'n Bantoekaste vorm. Hulle vorm die kleinste etniese groep in beide Burundi en Rwanda
Akan (volk)
Die Akan is 'n etniese groep inheems aan die Akanland van Suid-Ghana en die Ivoorkus. Die Akan bestaan uit verwante volke wat 'n gemeenskaplike kulturele en taalkundige tradisie het. Hulle praat Akan, 'n Niger-Kongo-taal en dialekkontinuum wat verskeie
Onbevlekte Ontvangenis van Maria
Die fees Onbevlekte Ontvangenis van Maria herdenk die afwesigheid van enige erfsonde by die Maagd Maria, omdat sy die moeder van Jesus sal word. Volgens die Rooms-Katolieke Kerk het God tydens die eerste moment van Maria se skepping haar van enige sonde
Drawidas
Die term Drawidas of Dravidas verwys na mense wat een van die Drawidiese tale as moedertaal praat. Daar is sowat 245 miljoen mense wat 'n Drawidiese taal as moedertaal besig. Drawidas stel die meerderheid in Suid-Indië en is inheems aan Indië, Pakistan
Soeloesee
Die Soeloesee is 'n see van die Stille Oseaan in Asië tussen die Filippyne in die ooste en Maleisië (Borneo) in die suidweste. Die Soeloesee grens aan die Suid-Chinese See in die weste en die Celebessee in die suide. Die see het 'n oppervlakte van sowat
Wakanda
Wakanda is 'n fiktiewe land in Amerikaanse strokiesverhale van Marvel Comics. Dit is geskep deur die skrywer-redakteur Stan Lee en die kunstenaar Jack Kirby, en verskyn die eerste keer in Fantastic Four #52. Wakanda word uitgebeeld as 'n land in Oos