Indo-Europese tale
Die Indo-Europese tale sluit sowat 443 tale en dialekte wat deur omtrent drie miljard mense gepraat word en die meeste groot taalfamilies van Europa en westelike Asië in die superfamilie in. Eietydse tale in die superfamilie sluit Bengaals, Engels, Duits, Frans, Hindi, Persies, Portugees, Russies, en Spaans en Afrikaans en Nederlands in, sowel as dooie tale soos Latyn en kunsmatige tale soos Esperanto. Interessant genoeg is 'n paar Europese tale soos Fins, Hongaars en Baskies nie deel van die superfamilie nie. Dieselfde geld vir die meeste suider-Indiese tale, wat van Drawidiese oorsprong is. Dié taalfamilie is so genoem omdat dit vanaf Indië tot oor die hele Europa streek.
- Leponties
- Leponties is 'n uitgestorwe Keltiese taal, die taal van die Lepontii, wat tussen 700 v.C. en 400 v.C. in dele van Gallia Cisalpina gepraat is. Dit word gesien as 'n dialek van die Galliese taal en dus 'n Vasteland-Keltiese taal. Die taal is slegs bekend
- Kentum-tale
- Kentum-tale, genoem na die Latynse woord centum, vorm 'n subgroep van die Indo-Europese tale, saam met die Satem-tale. Veral die westelike Indo-Europese tale behoort tot hierdie subgroep, met uitsondering van Togaars
- Napolitaans
- Napolitaans (nnapulitano) is 'n Romaanse taal, verwant aan Italiaans
- Ladino
- Ladino is die taal van die Sefardiese Jode in hulle toenmalige vaderland Sefarad in Spanje van die 8ste tot die 15de eeu. Dit is 'n taal nou verwant aan Spaans waarin baie Hebreeuse woorde voorgekom het
- Kelties
- Die Keltiese tale is die tale wat afstam van Proto-Kelties. Dit is 'n tak van die Indo-Europese tale wat deur die Kelte gepraat is, een van die eerste Europese groepe wat oor die hele kontinent versprei het. Die groep het uit die 5de eeu v.C. vanuit die
- Merovech
- Merovech is die legendariese stigter van die Merowingiese dinastie van die Saliese Franke, wat later die dominante Frankiese stam sou word. Die naam is 'n gelatiniseerde vorm van die Oud-Hoogduitse eienaam Marwig, letterlik "beroemde geveg
- Bulgaars
- Bulgaars is 'n Indo-Europese taal en 'n lid van die Suid-Slawiese taalgroep van die Slawiese tale. Bulgaars word deur sowat 8 miljoen mense gepraat, veral in Bulgarye
- Groot-Antille
- Die eilande van die Karibiese See, wat ook onder die term Wes-Indiese eilande saamgevat word, bestaan uit die Lucayan-argipel, die Klein-Antille en die Groot-Antille. Die Groot-Antille sluit Kuba, Jamaika, die Kaaimanseilande, Hispaniola met die lande
- Kana
- Kana is 'n generiese term vir die lettergreep-georiënteerde Japannese skrifte hiragana (ひらがな) en katakana (カタカナ) sowel as die ou stelsel wat as manjogana bekendstaan. Hierdie skrifte het ontwikkel uit die logografiese karakters van
- Wakanda
- Wakanda is 'n fiktiewe land in Amerikaanse strokiesverhale van Marvel Comics. Dit is geskep deur die skrywer-redakteur Stan Lee en die kunstenaar Jack Kirby, en verskyn die eerste keer in Fantastic Four #52. Wakanda word uitgebeeld as 'n land in Oos