Hellenius semiruber

Hellenius semiruber is 'n insek wat behoort tot die orde vliesvlerkiges (Hymenoptera) en die familie van die skildwespe (Braconidae). Die wetenskaplike naam van hierdie soort is die eerste keer geldig gepubliseer deur Hellen in 1958.
Waterkeurtjie
Die waterkeurtjie is 'n klein, immergroen boompie. Hierdie spesie is endemies aan Suid-Afrika en kom in die Wes-Kaap voor. Op die SANBI-rooilys is dit as 'veilig' (LC) gelys. Dit is taamlik volop in die bergfynbos
Sekelgras
Die sekelgras is 'n grasspesie ins die Poaceae familie. Op die SANBI-rooilys is dit as 'veilig' (LC) gelys
Bakbos
Bakbos of oondbos is 'n struik en kruidplant wat inheems is aan Suid-Afrika, Lesotho en Eswatini. Op die SANBI-rooilys is dit as 'veilig' (LC) gelys. Die plant kom in groot dele van die Wes-Kaap en Oos-Kaap voor, asook in die hoër dele van KwaZulu-Natal
Beril
Beril is 'n mineraal wat berillium bevat. Dit is 'n siklosilikaat
Borselgras
Die borselgras (Microchloa altera Chiov.) is 'n grasspesie wat inheems aan Demokratiese Republiek die Kongo, Eswatini, Malawi, Suid-Afrika, Tanzanië, Zambië en Zimbabwe is. In Suid-Afrika is die spesie inheems in Gauteng, KwaZulu-Natal, Limpopo
Rooikalkoentjie
Die rooikalkoentjie is 'n geofiet wat endemies aan Suid-Afrika is. Dit kom in die Noord-Kaap vanaf Nieuwoudtville tot Bredasdorp en Caledon voor. Op die SANBI-rooilys word dit as 'veilig' (LC) gelys
Loogkruid
Die Loogkruid is 'n meerjarige vetplant wat aan die hele kuslyn van Suid-Afrika voorkom en tot 30 cm hoog word. Die plant neig om te rank en het blink, gelede stingels met geen sigbare blare nie. Hulle groei by riviermondstrande en soutmoerasse
Conophytum ficiforme
Conophytum ficiforme (Haw.) N.E.Br. is 'n knopie wat endemies aan Suid-Afrika is. Dit kom in die Wes-Kaap voor en is op die SANBI-rooilys as veilig gelys
Aambeibossie
Die aambeibossie is 'n plant wat aan die wes-, suid en ooskus van Suid-Afrika voorkom. Dit staan ook bekend as die bitterbossie
Disperis micrantha
Disperis micrantha is 'n meerjarige, blomdraende plant en geofiet wat deel is van die Orchidaceae familie. Die spesie is inheems in Eswatini, Suid-Afrika en Zimbabwe. In Suid-Afrika kom die plant in Gauteng, KwaZulu-Natal, Limpopo, Mpumalanga en die Oos