Groenwier
Net soos die hoër plante besit groenwiere bladgroen waarmee hulle uit koolsuurgas, water en sonlig suiker en suurstof kan vervaardig. Groenwiere is een van die vernaamste verskaffers van suurstof op aarde. Die reserwevoedsel in die selle bestaan uit stysel en klein vetdruppeltjies. Die vorm en die ligging van die chlorofilkorrels in die selle verskil van spesie tot spesie, en hierdie twee eienskappe word ook gebruik om die spesifieke groenwierspesie vas te stel. Benewens spesies selfstandige groenwiere is daar ook kolonievormende spesies. Die voortplanting van groenwiere vind ongeslagtelik sowel as geslagtelik plaas. Generasiewisseling kom ook by sommige spesies voor.
- Paddastoel
- 'n Paddastoel is die vrugliggame van sekere fungi met 'n groot oppervlakte aan die binnekant waarop spore gedra word. Wanneer hierdie spore vrygestel word, ontkiem hulle en vorm 'n netwerk ondergrondse drade, die miselium. Nuwe vrugliggame ontstaan dan
- Mispelagtiges
- Die Mispelagtiges word volgens 'n onlangse klassifikasiestelsel in vyf families ingedeel. Die grootste hiervan, wat ook vir die mens die belangrikste een is, is die mispelfamilie (Rubiaceae). Die familie sluit soorte soos die katjiepiering, koffie en
- Lampreiagtiges
- Die lampreie en slymlampreie is waarskynlik die primitiefste gewerweldes wat vandag nog lewe. Hoewel hulle met die eerste oogopslag baie soos palings lyk, is verskeie belangrike eienskappe wat egte visse wel besit, by hulle afwesig. Die primitiefste
- Pootlose akkedis
- Verskeie akkedisfamilies sluit pootlose verteenwoordigers in, en een familie, Anniellidae, bestaan selfs uitsluitend uit pootlose spesies. Hoewel pootlose akkedisse baie soos slange lyk, is hulle nie baie nou aan slange verwant nie
- Sleutelblom
- Die sleutelblomme bestaan uit drie families en ongeveer 1 700 spesies met 'n wêreldwye verspreiding. Die mirtingfamilie (Myrsinaceae) bestaan hoofsaaklik uit bome en struike wat in die tropiese wêrelddele groei, terwyl die sleutelblomfamilie
- Brandnetel
- Die brandnetel se naam is toe te skryf aan die talle brandhare aan die plant, wat by aanraking taamlik pyn en 'n lastige gejeuk veroorsaak. Hoewel die brandnetel alombekend is in Suid-Afrika, is dit nie 'n inheemse plant nie, maar afkomstig uit Europa
- Boompaddas
- Boompaddas is by uitstek by hul omgewing aangepas sodat hulle maklik hul vyande kan ontglip. Nie alleen kan die boompadda soos ’n verkleurmannetjie die kleur van sy omgewing naboots om minder opsigtelik te wees nie, maar hy kan ook baie rats van die een
- Kranswier
- Kranswiere is 'n groepie wiere wat uitsluitend in varswater voorkom. Die meeste spesies het verkalkte selwande en ’n groot deel van die kalkafsettings op die bodem van riviere of damme is van dooie wiere afkomstig. Kranswiere (Charophyta) wyk soveel af
- Gors
- Gorse is klein sangvoëls wat nogal baie na mossies en vinke lyk. Hulle kom oor byna die hele wêreld voor, en in Europa word hulle verteenwoordig deur die bekende geelgors en rietgors. Hierdie voëls het dik snawels met 'n ondersnawel wat breër is as
- Hoisin-sous
- Hoisin-sous is 'n dik, geurige sous wat algemeen in Kantonese kookkuns gebruik word as 'n glasuurlaag vir vleis, 'n byvoeging tot roerbraai, of as 'n doopsous. Dit het 'n donker kleur en 'n soet- en soutsmaak. Hoewel daar streeksverskille is, bevat hoisin