Goud

Goud is 'n gesogte edelmetaal met 'n heldergeel (goue) kleur. Goud se chemiese nommer is 79 en dit het die simbool Au. Dit het die atoomgetal 92 en 'n relatiewe atoommassa van 196.97. Dit smelt by ongeveer 1 064 °C en kook by ongeveer 2 856 °C. Goud is egter baie sag en word dikwels gelegeer (saamgesmelt) tot 'n stof wat 'n legering of allooi genoem word om dit harder te maak. Die suiwerheid van goud word gewoonlik in karaat gemeet, en 24 karaat word algemeen as suiwer geag. Suiwer goud is die mees smeebare en rekbare metaal van al die bekende metale — dit kan gehamer word tot 'n dikte van ongeveer een honderste van 'n millimeter en 30 g goud kan uitgerek word tot 'n gouddraad met 'n lengte van 100 km. Goud is 'n goeie geleier van elektrisiteit en warmte. Dit het die derdehoogste geleidingsvermoë ná silwer (Ag) en koper (Cu).
Lantanied
Die lantaniede bestaan uit die 14 elemente met atoomgetalle 57 tot 70, van lantaan tot ytterbium. Alle lantaniede is f-blok-elemente, wat ooreenstem met die vul van die 4f-elektronskil. Die lantaniedreeks is vernoem na lantaan. Daar is ook alternatiewe
Mos
Mosse is klein plante wat selde hoër as 10 cm groei. Mos groei gewoonlik in digte trosse of matte in klam plekke of in skaduwee. Dit groei op bome, rotse, vrot hout en grond. Veenmosse versamel in neerslae wat verskeie honderd meter dik kan wees
Komplekse getal
Alkeen
'n Alkeen is 'n koolwaterstofverbinding wat 'n dubbelbinding tussen twee koolstofatome bevat. Hierdie dubbelbinding het tot gevolg dat alkene onversadigde verbindings is, en makliker as alkane reageer, wat versadigde verbindings is. Alkene vorm 'n
Lys van elemente volgens simbool
Hier is die lys van chemiese elemente met hul simbole soos tans deur IUPAC erken. Gebruik gerus die pyltjies om dit anders te
Windmeul
'n Windmeul is 'n tipe masjien wat deur wind aangedryf word. Daar is twee soorte windmeulens: dié met 'n vertikale as, en dié met 'n horisontale as; elk waarvan daar twee subsoorte is, naamlik: windmeulens wat vir landbou bedoel is, en windmeulens vir
Stoigiometrie
Stoichiometrie is 'n belangrike begrip in die chemie wat aandui dat in die meeste molekulêre en ionogene chemiese verbindings die aantalle atome wat tot verskillende elemente behoort in 'n vaste verhouding voorkom. Reaksiestoigiometrie, so genoem om dit
Friulaans
Die gebied waar Friulaans of Frioelies (Furlan) gepraat word, Frioelië, lê in die uiterste Noord-Ooste van Italië, maar omvat ook dele van Istrië en Dalmasië in Kroasië, afhangend van hoe ruim die definisie van Friulaans geïnterpreteer word. In
Walvisagtiges
Die walvisagtiges of setaseë is, hoewel hulle glad geen hoewe of selfs tone meer het nie, 'n groep binne die orde Cetartiodactyla wat die walvisse, dolfyne, en seevarke insluit. Dit is lank as 'n eie orde beskou, maar genetiese navorsing het getoon dat
Disperis micrantha
Disperis micrantha is 'n meerjarige, blomdraende plant en geofiet wat deel is van die Orchidaceae familie. Die spesie is inheems in Eswatini, Suid-Afrika en Zimbabwe. In Suid-Afrika kom die plant in Gauteng, KwaZulu-Natal, Limpopo, Mpumalanga en die Oos