Gewasbeskerming
Om die maksimale opbrengs van 'n gewas te verkry, moet dit teen nadelige invloede beskerm word. Reeds vroeg is maatreëls in die verband getref: die veld is byvoorbeeld periodiek braak gelê of wisselboustelsels is toegepas. Veral sedert die Tweede Wêreldoorlog word daar op groot skaal van chemiese plaagdoders gebruik gemaak. Dit het egter groot nadele en het gelei tot die soeke na ander beskermingsmetodes. So is biologiese bestrydingsmetodes ontdek wat op natuurlike wyse plae en siektes bestry tot op 'n vlak waarop die skade aanneemlik geag kan word. Die beste moontlikhede met betrekking tot gewasbeskerming is 'n kombinasie van bestrydingsmetodes. Hierdeur kan die nadele van elke afsonderlike toepassing sover moontlik vermy word.
- Milnerisme
- Lord Alfred Milner het 'n belangrike rol gespeel in die voorspel tot die Anglo-Boereoorlog. Na die oorlog is hy aangestel as die Britse Hoë Kommissaris in Suid-Afrika en goewerneur van Transvaal en die Oranjerivierkolonie
- Voedingstof
- 'n Voedingstof is 'n stof wat deur 'n organisme gebruik word om te oorleef, te groei en voort te plant
- Edelstene
- Edelstene is stene of minerale wat deur hut eienskappe, waarvan skoonheid die belangrikste is, as kosbaar beskou word. Ook die duursaamheid en seldsaamheid sal bepaal of 'n steen as 'n edelsteen gereken kan word. Voorheen is net die baie harde soorte
- Plantsiektes
- Plantsiektes is een van die grootste probleme in veral die landbou en kan deur 'n groot verskeidenheid lewende organismes of fisiese of chemiese faktore veroorsaak word. Die meeste ernstige plantsiektes word egter deur fungi veroorsaak, terwyl virusse ook
- Aanpassing (biologies)
- Onder biologiese aanpassing verstaan ons die veranderings in eienskappe van organismes waardeur hulle in staat gestel word om beter in hul omgewing te funksioneer. Die funksie van biologiese aanpassing is om die oorlewingskanse van die plant, dier of
- Ontsmetting
- Met ontsmetting word bedoel die onskadelik maak van siektekieme op die veloppervlak of ander voorwerpe. Verskeie middels word vandag vir ontsmetting gebruik, waarvan jodiumtinktuur steeds een van die doeltreffendste is
- Sweis - en soldeerwerk
- Sweis- en soldeerwerk word gedoen om metaal- of kunsstofvoorwerpe homogeen te las. By sweiswerk ontstaan heelwat warmte en die materiaal word gedeeltelik vloeibaar gemaak sodat dit geheg kan word. Soldeerwerk geskied by laer temperature en 'n maklike
- Aartsvaders
- Met die term aartsvaders word bedoel die drie voorvaders van die Israelitiese volk: Abraham, sy seun Isak, en Isak se seun, Jakob. Volgens Bybelse oorlewering het hulle van 2040 tot 1733 v.C. in die suide van die land Kanaän gewoon. Hulle was leiers
- Biomatematika
- Biomatematika is die wetenskap van die toepassing van wiskunde op biologiese verskynsels. Met behulp van eenvoudige wiskunde kan die mens onder andere die rangskikking van blare om 'n stingel, die vorm van byekorwe, skulpspirale, horings en die netjiese
- Disperis micrantha
- Disperis micrantha is 'n meerjarige, blomdraende plant en geofiet wat deel is van die Orchidaceae familie. Die spesie is inheems in Eswatini, Suid-Afrika en Zimbabwe. In Suid-Afrika kom die plant in Gauteng, KwaZulu-Natal, Limpopo, Mpumalanga en die Oos