Fluweelboswilg
Die fluweelboswilg is 'n klein tot middelgroot boom wat uitsprei en het 'n gryserige voorkoms. Dit is inheems aan Suid-Afrika en kom in die Vrystaat, Gauteng, KwaZulu-Natal, Mpumalanga, Noordwes en Limpopo voor. Op die SANBI-rooilys is dit as 'veilig' (LC) gelys. Dit kom noord van die Vaalrivier en in KwaZulu-Natal voor. Dit groei in oop bosveld of in grasland in beskutte rotsagtige plekke. Die liggeel blomme is skerp gegeur en trek insekte aan. Die blare is gewoonlik met kort fluweelagtige hare bedek. In Engels staan die boom bekend as Velvet-leaved bushwillow.
- Opregte suikerbos
- Die opregte suikerbos is endemies aan Suid-Afrika en kom in die Wes-Kaap en Oos-Kaap voor waar dit deel van die fynbos-bioom is. Op die SANBI-rooilys is dit as 'veilig'(LC) gelys. Die plant groei regop en word 4.5 m in hoog. Die plant blom regdeur die
- Papierbasdoring
- Die papierbasdoring is 'n boom wat inheems aan Suid-Afrika is en aangetref word in die bosveld van KwaZulu-Natal en noord van die Vaalrivier in Gauteng, KwaZulu-Natal, Limpopo en Mpumalanga. Die bas is gryserig of gelerig bruin en is dikwels kurkagtig of
- Waboom
- Die waboom – voorheen Protea arborea – is die proteaspesie wat die volopste voorkom in die winterreënvalgebied. Hierdie spesie is endemies aan Suid-Afrika en kom in die Wes- en Oos-Kaap voor vanaf die Bokkeveldeskarp, Kaapse Skiereiland tot by die
- Duine-olienhout
- Die Duine-olienhout is 'n boom wat tot 7 m hoog word en endemies is aan Suid-Afrika. Dit kom in die Oos-Kaap en die Wes-Kaap voor, vanaf Melkbosstrand tot by Oos-London .Op die SANBI-rooilys is dit as veilig (LC) gelys
- Swartoognooi
- Die swartoognooi is 'n meerjarige rankplant wat in die somer blom. Die spesie is inheems in Botswana, Burundi, Demokratiese Republiek die Kongo, Djiboeti, Eritrea, Eswatini, Ethiopië, Ghana, Guinee, Ivoorkus, Kameroen, Kenia, Liberië, Madagaskar, Malawi
- Witgapermossel
- Die witgapermossel is 'n tweekleppige diertjie wat aan die suid- en ooskus van Suid-Afrika voorkom. Die mossel word 11.4cm groot. Dit het 'n ovaalvormige skulp. Dit kom voor in rivierbeddings met fyn sand veral in areas waar die water sterk vloei. Die
- Bonthalssnoerskulpslak
- Die Bonthalssnoerskulpslak is 'n slak wat aan die wes- en suidkus van Suid-Afrika voorkom en leef in die sand op kusstrande of in riviermondings. Die skulp is ligbruin met donkerder bruin kolle op. Die ongewerwelde dier vreet mossels deur 'n suur af te
- Driehoekstrandgapermossel
- Die driehoekstrandgapermossel is 'n tweekleppige skulpdiertjie wat aan die suidkus van Suid-Afrika voorkom vanaf Kaapstad tot by Oos-Londen
- Afrikaanse alikreukel
- Die Afrikaanse alikreukel is 'n seeslak (gastropode) wat aan die hele kuslyn van Suid-Afrika voorkom en word tot 1 cm in deursnee. Die skulp is glad, gedraai met 'n kort gepunte toring en is blougrys met 'n bruin opening. Op die opening is 'n operkulum
- Disperis micrantha
- Disperis micrantha is 'n meerjarige, blomdraende plant en geofiet wat deel is van die Orchidaceae familie. Die spesie is inheems in Eswatini, Suid-Afrika en Zimbabwe. In Suid-Afrika kom die plant in Gauteng, KwaZulu-Natal, Limpopo, Mpumalanga en die Oos