Eswatini
Eswatini, amptelik die Koninkryk Eswatini, tot 19 April 2018 Swaziland, is 'n absolute monargie en landingeslote land in Suider-Afrika. Die administratiewe hoofstad en grootste stad is Mbabane, terwyl Lobamba die regeringsetel, asook koninklike en wetgewende hoofstad is. Eswatini is 'n buurland van Suid-Afrika en Mosambiek. Op politieke vlak het Eswatini op geen stadium aan Suid-Afrika behoort nie. Die menslike ontwikkelingsindeks van 2017 plaas Eswatini in die 144ste plek uit 187 lande. Eswatini is 'n lidland van die Afrika-unie, Beweging van Onverbonde Lande, Britse Statebond, Gemeenskaplike Monetêre Gebied, Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap en die Verenigde Nasies. Eswatini is een van min lande wêreldwyd wat die Republiek China op Taiwan ten spyte van groot druk deur die Volksrepubliek China as 'n selfstandige land erken.
- Viëtnam
- Viëtnam, amptelik die Sosialistiese Republiek Viëtnam, is 'n sosialistiese republiek in Suidoos-Asië. Dit beslaan 'n oppervlakte van 331 212 km² en het 'n bevolking van 94 569 072 in 2016 gehad. Die hoofstad is sedert die hereniging van Noord- en
- Sri Lanka
- Sri Lanka, amptelik die Demokratiese Sosialistiese Republiek Sri Lanka, is 'n tropiese eilandstaat in Suid-Asië en die Indiese Oseaan. Dit is net suidoos van Indië geleë, verder wes is die Maledive en in die noordooste sluit die Golf van Bengale aan
- Noord-Amerika
- Noord-Amerika is 'n kontinent in die Noordelike Halfrond van die Aarde, wat byna uitsluitlik in die Westelike Halfrond geleë is. Dit word in die noorde begrens deur die Arktiese Oseaan, in die ooste deur die noordelike Atlantiese Oseaan, in die suidooste
- Soedan
- Soedan, amptelik die Republiek Soedan, ook bekend as Noord-Soedan sedert Suid-Soedan se onafhanklikheid, is 'n land in Noord-Afrika en die derde grootste land van Afrika ná Algerië en die Demokratiese Republiek van die Kongo. Dit grens aan Libië in die
- Uruguay
- Uruguay, amptelik die Republiek Oos van die Uruguay, is 'n klein land in Suid-Amerika. Dit word begrens deur Brasilië in die noorde, Argentinië met die Uruguayrivier in die weste, die Río de la Plata in die suidweste en die Atlantiese Oseaan in die
- Madagaskar
- Madagaskar, amptelik die Republiek Madagaskar, is ’n eilandstaat in Afrika sowat 400 km oos van die Mosambiekse kus. Dit is die grootste eilandstaat in die Indiese Oseaan en naas Indonesië die grootste ter wêreld. Teen sowat ’n halfmiljoen
- Spanje
- Spanje, amptelik die Koninkryk Spanje, is 'n land in die suidweste van Europa. Dit deel die Iberiese Skiereiland met Portugal en Gibraltar. In die noorde word Spanje begrens deur die Pireneë van Frankryk en die landjie Andorra. Die Baleariese Eilande in
- Zimbabwe
- Zimbabwe, amptelik die Republiek Zimbabwe, is 'n landingeslote land geleë in Suider-Afrika en begrens deur Zambië in die noordweste, Mosambiek in die noordooste, Suid-Afrika in die suide en Botswana in die suidweste. Die land het eers as Suid-Rhodesië
- Burundi
- Burundi, amptelik die Republiek Burundi, is 'n landingeslote land in Sentraal- en Oos-Afrika net suid van die ewenaar. Dit is naas Rwanda die mees digbevolkte land in Afrika. Nes sy buurstaat is dit 'n voormalige deelgebied van Duits-Oos-Afrika, wat later
- Disperis micrantha
- Disperis micrantha is 'n meerjarige, blomdraende plant en geofiet wat deel is van die Orchidaceae familie. Die spesie is inheems in Eswatini, Suid-Afrika en Zimbabwe. In Suid-Afrika kom die plant in Gauteng, KwaZulu-Natal, Limpopo, Mpumalanga en die Oos