C. Louis Leipoldt
C. Louis Leipoldt (1880–1947) was ’n dokter, digter, dramaturg en skrywer, wat verskeie toekennings ontvang het vir sy skryfwerk, insluitende die Hertzogprys vir poësie en drama. Hy was een van die leidende figure van die Tweede Taalbeweging. Benewens gedigte, het hy ook romans, toneelstukke, kinderverhale, kookboeke en 'n reisjoernaal geskryf. Hy was 'n liefhebber van die natuur, en het dit dikwels as tema vir sy werk gebruik, maar met spesifieke klem op die legendes en landskappe van sy geliefde Hantam. Ander temas betrek die lyding en pyn wat deur die Tweede Vryheidsoorlog veroorsaak is, en die kulturele leefwêreld van die Kaapse Maleiers.
- A.G. Visser
- A.G. Visser was ’n dokter en Afrikaanse digter wat twee keer met die Hertzogprys bekroon is. Hy was algemeen bekend as die "sanger van die Suikerbosrand
- C.M. van den Heever
- C.M. van den Heever was 'n professor en hoof van die Departement Afrikaans-Nederlands aan die Universiteit van die Witwatersrand. Hy was ’n skrywer en digter wat die Hertzogprys vir sy poësie en sy prosa verwerf het
- Lien Botha
- Lien Botha (1961-) is ’n fotograaf, kunstenaar en Afrikaanse skrywer wat internasionale erkenning geniet. As kunstenaar werk sy dikwels met metafore en is bekend vir haar poëtiese aanvoeling. Agtergrond en objekte word naatloos op samehangende visuele
- Roald Dahl
- Roald Dahl (1916–1990) was 'n Walliese romanskrywer, en kortverhaalskrywer, wat befaamd geraak het in die veertigerjare van die twintigste eeu weens sy kinder- en volwasse verhale. Sy kinderboeke, soos Charlie and the Chocolate Factory en James and the
- Hergé
- Georges Prosper Remi, was 'n Belgiese strokiesverhaalskrywer en kunstenaar. Sy skrywernaam was Hergé – wat die Franse uitspraak van R.G., sy voorletters omgekeer, is. Sy Die avonture van Kuifie het hy vanaf 1929 tot 1983 geskryf. Hy het 24 Kuifieboeke
- Abraham H. de Vries
- Abraham Hermanus de Vries (1937-) is 'n Afrikaanse kortverhaalskrywer. Hy word as een van die voorste eksponente in die Afrikaanse kortprosa beskou, veral in sy generering van nuwe betekenismoontlikhede in die struktuur van sy korter tekste. Sy oeuvre
- Floris Brown
- Floris Brown (1948–) is ’n Afrikaanse digter, musikant, komponis en skaakspeler wat 'n groot rol in die maatskaplik-sosiale opheffing van sy gemeenskap speel. Gedurende sy loopbaan as digter publiseer hy 34 digbundels. In 2002 het die Nederlandse
- Fanus Rautenbach
- Fanus Rautenbach (1928–2011), ook bekend as Umfaanus, was 'n bekende radio-omroeper, skrywer en mediapersoonlikheid. Hy het 'n ARTES-toekenning en verskeie ATKV-toekennings ontvang en is in 2007 as RSG se radiolegende van die voorafgaande 70 jaar
- Marzanne Leroux-Van der Boon
- Marzanne Leroux-Van der Boon was 'n Afrikaanse skrywer. Sy het in Vredehoek, Kaapstad gewoon en is bekend vir haar romantiese novelles wat handel oor etniese en aktuele kwessies. Sy het 'n passie vir Israel, vier van haar boeke van die afgelope jare het
- Disperis micrantha
- Disperis micrantha is 'n meerjarige, blomdraende plant en geofiet wat deel is van die Orchidaceae familie. Die spesie is inheems in Eswatini, Suid-Afrika en Zimbabwe. In Suid-Afrika kom die plant in Gauteng, KwaZulu-Natal, Limpopo, Mpumalanga en die Oos