Britse Ambassade in Berlyn
Die Britse Ambassade in Berlyn is die hoofsetel van die Verenigde Koninkryk se diplomatieke sending in die Bondsrepubliek Duitsland. Dit is geleë in die stadsdistrik Mitte in Wilhelmstraße 70-71, naby die Hotel Adlon en die Brandenburgse Poort. Die huidige ambassadeur en amptelike verteenwoordiger van Haar Majesteit, Koningin Elizabeth II, en die Regering van die Verenigde Koninkryk is Sir Sebastian Wood, KCMG wat die pos sedert September 2015 beklee.
- Balte
- Die term Balte het twee verskillende betekenisse, afhangende daarvan of dit in 'n geografies-politiese of 'n taalkundig-etnografiese konteks gebruik word. Dit kan verwys nadie bewoners van die drie Baltiese lande langs die Oossee - Litaue, Letland en
- Stille Rewolusie
- Die Stille Rewolusie was 'n tydperk van ingrypende maatskaplike, politieke, ekonomiese en sosiale omwentelinge in Kanada se Franssprekende provinsie Quebec. Dié ietwat paradoksale term, wat vir die eerste keer deur 'n anonieme artikelskrywer in die
- Museumdorp Düppel
- Die Museumdorp Düppel is 'n opelugmuseum wat in 1975 naby die natuurbewaringsgebied Krummes Fenn in die destydse Berlynse distrik Zehlendorf gestig is. Die museum, wat deel uitmaak van die Stiftung Stadtmuseum Berlin, is 'n poging om 'n hele dorp met sy
- Zaragoza
- Zaragoza [θaɾaˈɣoθa], in ander tale dikwels ook Saragossa genoem, is die administratiewe hoofstad van die gelyknamige provinsie en die Outonome Gemeenskap van Aragón in Spanje met 'n bevolking van meer as 675 000 wat gelykstaan aan sowat die helfte
- El Corte Inglés
- El Corte Inglés S.A. is 'n Spaanse afdelingswinkelketting wat sy hoofkwartier in Madrid het. Dit is die grootste afdelingswinkelketting in Europa en die vierde grootste ter wêreld, met takke dwarsoor die Iberiese Skiereiland insluitende Portugal asook
- Conegliano
- Conegliano is 'n munisipaliteit (comune) in die provinsie Treviso, geleë in die Noord-Italiaanse administratiewe streek Veneto. Met 'n bevolking van 35 203 is Conegliano die tweede grootste nedersetting in die provinsie. Die stad, wat aan die
- Ann Cleeves
- Ann Cleeves is 'n Britse skryfster van misdaadromans. In 2006 is die Duncan Lawrie Dagger, een van die belangrikste literêre pryse vir misdaadfiksie, aan Ann Cleeves toegeken vir haar roman Raven Black. Sy is 'n lid van Murder Squad, 'n Britse sirkel van
- Luciafees
- Die Luciafees, wat volgens ou tradisies veral in Swede en op die Italiaanse eiland Sisilië op 13 Desember gevier word, lui saam met Advent die Kersfeestyd in. Luciadag is nogtans geen openbare vakansiedag in Swede nie
- Anglo-Iere
- Anglo-Iere is 'n term wat veral in die 19de en vroeë 20ste eeu gebruik is om na 'n bevoorregte maatskaplike klas in Ierland te verwys wat uit die nakomelinge van Protestantse Engelse setlaars bestaan het, die sogenaamde Protestant Ascendancy. Hulle was
- Samogities
- Samogities word soms as 'n taal van Litaue beskou en soms as 'n dialek van Litaus, die amptelike taal van Litaue. Samogities word veral in Wes-Litaue in die historiese streek Samogitië deur sowat 500 000 mense gepraat