Apokriewe boeke
Die Apokriewe boeke is die Joodse geskrifte wat nie in die Hebreeuse Bybel of in die meeste moderne Bybels ingesluit is nie. Met die term "Apokriewe boeke" word dié geskrifte aangedui wat oënskynlik Bybels is omdat hulle aan die naam van 'n geïnspireerde skrywer gekoppel word of aanvullende mededelings doen oor Bybelse gegewens, maar nie amptelik as Bybelboeke aanvaar word nie. Apokrief beteken hier niekanoniek, oftewel nie deel van die Bybel nie. Onder Protestante word die Ou en Nuwe Testamentiese Appokriewe boeke beskou as boeke wat nie in die Bybel hoort nie omdat dit:nie onder God se gesag geskryf is nie;
verkeerde idees bevat;
in teenstelling met die ander 66 boeke staan.
- Ligsnelheid
- Die ligsnelheid, of spoed van lig, is 3×108 m·s-1 of 299 792 458 meter per sekonde in 'n vakuum en word uitgedruk as c. Wanneer lig deur 'n digter medium beweeg, byvoorbeeld glas of optiese vesel, verlaag die ligsnelheid en die verskynsel veroorsaak
- Anne Barnard
- Lady Anne Barnard was 'n Skotse digteres en brieweskryfster. Lady Anne Barnard was een van die ou Kaap se mees omstrede vroue en het baie gedoen om die verskillende bevolkingsgroepe, ná die Britse besetting van die Kaap in 1795, nader aan mekaar te bring
- Chromatofoor
- Chromatofore is selle of onderdele van selle wat kleurstof bevat. Dit word ook dikwels melanofore genoem. Kleurselle wat tot kleurveranderinge aanleiding gee, kom voor in die huid van laer diere, soos visse, reptiele en amfibieë. In sommige plantselle
- Edgar Degas
- Die Franse skilder en beeldhouer Edgar Degas (1834-1917) is veral bekend vir sy skilderye en pasteltekeninge oor die balletkuns. Hoewel hy 'n tydgenoot en vriend van die Impressioniste was, het hy 'n tradisionele skildertegniek gebruik
- Axoloti
- Die axolotl is ʼn Meksikaanse salamander wat ʼn goeie voorbeeld van neoteniese ontwikkeling is: al bly hierdie amfibiese dier sy hele lewe lank in ʼn larwestadium in die water, word hy tog geslagsryp en kan in hierdie vorm voortplant. Salamanders moet
- E.E. Cummings
- E.E. Cummings (1894-1962) was een van die belangrikste vernuwers van die moderne Amerikaanse digkuns aan die begin van die 20e eeu. Sedert sy eerste werk in 1917 gepubliseer is en sy naam daarby weens 'n setfout in kleinletters verskyn het, teken hy sy
- Catharina de' Medici
- Catharina de' Medicis (1519-1589) is die sentrale figuur in die bloedige godsdiensoorloë wat in die tweede helfte van die 16e eeu in Frankryk gewoed het. Sy was die eggenote van Hendrik II, van Frankryk en die moeder van die laaste drie Valois-konings
- Baileybrug
- 'n Baileybrug is 'n militêre hulpbrug waarby die monteerbeginsel van die meccanostel gebruik word. Dit bestaan uit eenvoudige reeds klaar gekonstrueerde standaardonderdele van staal, waarvan die grootste deur ses mans gedra kan word. Die brug, wat in
- El Greco
- EI Greco is Spanje se beroemdste 16de eeuse skilder. Sy skilderye - meestal godsdienstige onderwerpe en portrette - word veral in sy latere periode gekenmerk deur lang uitgerekte figure en 'n sterk geestelike atmosfeer in die uitbeelding
- Disperis micrantha
- Disperis micrantha is 'n meerjarige, blomdraende plant en geofiet wat deel is van die Orchidaceae familie. Die spesie is inheems in Eswatini, Suid-Afrika en Zimbabwe. In Suid-Afrika kom die plant in Gauteng, KwaZulu-Natal, Limpopo, Mpumalanga en die Oos