15760 Albion

15760 Albion, met die voorlopige naam 1992 QB1, was die eerste trans-Neptunus-voorwerp (TNV) wat ontdek is ná Pluto en Charon. Dit is in 1992 ontdek deur David C. Jewitt en Jane X. Luu by die Mauna Kea-sterrewag in Hawaii. Nadat hulle dit ontdek het, het hulle dit "Smiley" genoem en dit is gou deur die pers beskryf as die tiende planeet. Dit behoort tot die "koue" populasie in die Kuipergordel en het gelei tot die naam "cubewano's" ("Q-B-1-o's") vir hierdie soort voorwerp na aanleiding van die QB1-deel van sy voorlopige naam. Dit dui daarop dat dit die 27ste voorwerp is wat in die tweede helfte van Augustus daardie jaar ontdek is.
Branderbreekpunt
’n Branderbreekpunt is ’n permanente versperring soos ’n koraalrif, rots, sandbank of landpunt wat branders laat breek; dit skep ’n buisvormige of ander soort brander wat met ’n branderplank gery kan word voor dit eindelik breek. Die topografie
Eksomaan
’n Eksomaan of ekstrasolêre maan is ’n natuurlike satelliet wat om ’n eksoplaneet wentel, of om ’n ander niestellêre liggaam buite die Sonnestelsel. Daar word van die voorkoms van hemelliggame in die Sonnestelsel afgelei dat natuurlike
SN 1987A
SN 1987A was ’n supernova aan die buitewyke van die Tarantula-newel in die Groot Magellaanse Wolk. Dit het sowat 167 000 ligjare van die Aarde af plaasgevind, naby genoeg dat dit in die Suidelike Halfrond met die blote oog sigbaar was. Dit was die
Bykolibrie
Die bykolibrie of Helena-kolibrie is ’n spesie van die familie kolibries. Dit is die kleinste voël in die wêreld
Internasionale Tennisheldesaal
Die Internasionale Tennisheldesaal is in Newport, Rhode Island, in die VSA geleë. Dit bring hulde aan spelers van en bydraers tot tennis en sluit ’n museum en tennisbane in
Pan (maan)
Pan is die heel binneste maan van Saturnus met ’n naam. Dit is ’n klein voorwerp met die vorm van ’n okkerneut. Dit is sowat 35 km lank en 23 km breed, en kom voor in die Encke-gaping in Saturnus se A-ring. Pan is ’n herdersmaan en hou die Encke
Cannes-rolprentfees 1997
Die 50ste jaarlikse Cannes-rolprentfees is van 7-18 Mei 1997 gehou. Die Franse aktrise en sangeres Isabelle Adjani was die voorsitter van die jurie en die Franse aktrise en regisseur Jeanne Moreau het die opening- en die afsluitingseremonie aangebied
Cannes-rolprentfees 1949
Die 3de Cannes-rolprentfees is van 2-17 September 1949 in Cannes, Frankryk, gehou. Geen kompetisie is die vorige jaar gehou nie weens finansiële probleme
Halloumi
Halloumi is ’n halfsagte, onverouderde, gepekelde kaas van Siprus wat van ’n mengsel van bok- en skaapmelk, en soms koeimelk, gemaak word. Dit het ’n hoë smeltpunt en kan dus maklik gebraai of gerooster word
Wakanda
Wakanda is 'n fiktiewe land in Amerikaanse strokiesverhale van Marvel Comics. Dit is geskep deur die skrywer-redakteur Stan Lee en die kunstenaar Jack Kirby, en verskyn die eerste keer in Fantastic Four #52. Wakanda word uitgebeeld as 'n land in Oos